Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
NG Kerk se tralies beskadig
CRADOCK
Een van die groot aantal swaar vragmotors wat dag en nag met hul slingerende sleepwaens deur Adderleystraat op die dorp jaag, het onmeetlike skade aangerig toe dit dwardeur die tralies van die statige en geskiedkundige N G Moederkerk gebars het.
Na verneem word het die vragmotor met ‘n Gautengse registrasienommer en gelaai met massiewe draadtolle, glo net na 19:00 agter ‘n supermark in die omgewing stilgehou. Die bestuurder kon glo nie verduidelik hoe die trok aan die loop gegaan het nie, maar ‘n kenner het bevestig dat die ongeluk nie kon gebeur het as die voertuig se handrem opgetrek was nie.
Tussen ses en sewe meter van die kerk se ringmuur van antieke klipwerk met Viktoriaanse tralies is verwoes. In die proses is ‘n boom ontwortel maar is nie een van die geskiedkundige grafstene op die perseel gelukkig getref nie. Die klipwerk onder die tralies is baie beskadig maar ‘n kundige klipmesselaar kon reeds die herstelwerk doen. Nuwe tralies sal gemaak moet word aangesien booswigte gedurende die nag na die ongeluk ses van die antieke staalpaaltjies van die ongelukstoneel af verwyder het. Die oorspronklike tralies, wat met kerkbou in 1868 opgerig is, is met gesmelte lood binne in gaatjies in die klip ringmuur gesmee – ‘n proses wat dalk nie in moderne tye herhaal sal kan word nie.
Trokke wat 24 uur per dag en sewe dae van die week deur Adderleystraat jaag skep ‘n probleem vir baie inwoners van die dorp wat, ten spyte van klagtes van indiwidue en organisasies net nie deur die owerhede aangespreek word nie. Adderleystraat is niè die hoofweg deur die dorp nie. Calatastraat, op die N10, is onlangs pragtig verbreed en herbou.
Baie probleme word ook veroorsaak deur trokke wat snags in die dorp parkeer en heel nag met luierende enjins in woongebiede staan.
NG Kerk kerk skade2
Shaun Isaacs en Desmond Simons van ‘n plaaslike firma, besig met herstelwerk by die kerk. Hulle word bygestaan deur Jonathan Smith (nie op die foto nie).

Cradock Skou weereens ‘n groot sukses
Die Cradock Skou is jaarliks ‘n groot geleentheid. Die reeds goeie skou groei ook elke jaar en die perde-afdeling was uitstekend. Die SAKampioenskappe van die Kaapse Boerperde en Streekskoue vir Saalperde, Miniatuurperde en Walliese ponies is aangebied.
‘n Totaal van 256 perde was in aksie. Nog foto’s en uitslae elders in koerant.
c11
Wenner van die Monty Gadd – Stefan Loock van Uniondale op Deu’s Wild Majestic

CUSTOMERS TO BE WARY OF
ASSOCIATED ROBBERIES
As the festival season looms; the South African Banking Risk Information Centre (SABRIC) warns bank customers to be wary of their surroundings when going to and from the bank to deposit or to withdraw cash.
The continuing occurrence of these robberies is a worrying factor for the banking industry as it demonstrates that this is a highly organized crime which affects their clients. The criminals work in organized syndicates and often these syndicates designate “spotters” that look-out for people making large cash withdrawals inside bank branches.
Once the perpetrators identify their victims, they pass on the information to their co-perpetrators; who are usually in the vicinity of the bank, and who in turn rob the individual, either at his place of business, home or en route to their destination.
“The violence and tragic
(continue on page 13)

Lees binne:
  • Oos-Kaap Boerbokklubveiling in Somerset-Oos gehou
  • Kwagga Gholftoernooi baie geslaagd
  • Fort Beaufort se historiese geboue
  • Liz Graham spoke about nutrition in Middelburg

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
Please contact us for more information.
Click here to email us now