Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

Skoolmeisie helder oordag beroof

WILNA DE KLERK

CRaDOCK

Die flink optrede van ‘n groep sekuriteitsmanne van CDK het gesorg dat drie boosdoeners wat ‘n skooldogter op pad na haar huis aangeval het, gou hul rieme styfgeloop het,

Mev. Linda Gowar vertel dat haar dogter, Micaela, wat op 13 November van die skool af op pad was huis toe nadat sy eksamen geskryf het. Toe sy net onderkant Cradock Oos se kerk drie persone aan die oorkant van die straat opgemerk het. Hulle wou weet of Micaela enige geld by haar gehad het en toe sy hulle ignoreer het een van hulle na haar toe aangehardloop gekom en weer vir geld gevra.

Micaela het verduidelik dat sy van die skool af kom en nie geld by haar het nie, maar die verdagte het haar vasgegryp, ‘n mes teen haar keel gedruk en begin om haar sakke deur te voel. Nadat hy haar selfoon gekry het, het hy en sy twee trawante weggehardloop.

By die huis in Willowstraat het ‘n histeriese Micaela vertel wat gebeur het en is die hulp van CDK en die polisie ingeroep. Die polisie was baie gou op die toneel en vyf minute na hul aankoms het CDK laat weet dat hulle die verdagtes aangekeer het. Hulle het Micaela by die huis kom haal sodat sy die verdagtes kon uitken. Haar foon is ook teruggevind en aan haar oorhandig.

Die gemeenskap, en veral die Gowar gesin, gee alle eer aan CDK. As dit nie vir hulle flink optrede was nie, sou die booswigte dalk nog op vrye voet verkeer het.

Daar word ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om op die uitkyk te wees vir verdagte persone wat in hul woongebiede ronddwaal. Micaela het helder oordag ‘n angswekkende ondervinding in ‘n relatief besige straat van die dorp gehad en net deur bedag te wees op die omgewing rondom jou en verdagtes by die polisie aan te meld, kan jy dalk verhoed dat nog so ‘n voorval plaasvind.

 


Barries & Andrew Laing

ANGELA PROJEK LAAT

R100 000 KERF VIR ANGORARAM SPAT!

Die Amptelike Angora Stoetramveiling het verlede week, 20 November 2014 op Somerset-Oos plaasgevind. Die ramveiling was besonders goed verteenwoordig met kopers wat vanuit die Oos-, Noord-, Wes-Kaap en selfs ‘n koper van Lesotho wat kom belê het in die uitstekende genetika wat die Angora Ramtelers gebied het.

Die veiling het sterk afgeskop met JH Lategan van die Aberdeen distrik se stoetram wat onder die hamer verkoop het vir R102 200.00. Dit was die eerste keer in 29 jaar dat daar meer as ‘n R100 000.00 vir ‘n Angora Ram betaal is.

Die groeiende aanvraag vir kwaliteit sybokhaar is grootliks die rede dat kudde-en stutboere beried is om groot in goeie kwaliteit ramme te belê. Lategan se stoetram was gesamentlik aangeskaf deur Barries Snijman van Rietbron, wat welbekend is vir sy kwaliteit sybokhaar, SAMIL Natural Fibres en Francis Patthey, ‘n Switserse belegger wat baie betrokke is in die Alpakabedryf.

Die besonderse stoetram was spesifiek aange-koop vir die ANGELA (Angora Genetiese Laboratorium) projek. Die doel van hierdie projek is om gebruik te maak van die nuutste weten-skaplike hulpmiddels vir speodige bevordering van die kwaliteit van die Angorabok kudde.

‘n Baie tevrede Barries Snijman het na sy suksesvolle aankoop gesê dat dit presies 20 jaar terug was toe hy in 1994 sy eerste ram vir R1500.00 by ‘n veiling gekoop het. “My hand het toe nog gebewe toe ek die tjek geteken het!, het Snijman bygevoeg.

(Volg op bl.3)

 


Lees binne:

  • Middelburg: “Tree of Light & Peace” aangeskakel
  • Somerset-Oos: Sybokhaardroom word waarheid vir boere-egpaar
  • The SA Post Office pleased with end of a long strike
  • Hofmeyr: Huldeblyk Christelle Jansen

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now