Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

Koerant-Header

Sommiges noem hom “Meneer

Dorper”. Ander sê weer hy

is ‘n “Dorper Legende”

CRADOCK

Rodney Rayner, wat pas op sy 80ste verjaardag deur vriende en die Dorpertelersverening vereer is, is voorwaar ‘n kenner van hierdie eg Suid Afrikaanse skaapras.

Rayner het in die vroeë 1950’s saam met sy pa, Bert, op die familieplaas ‘n Dorperstoet bedryf. Hy het in 1963 al gekwalifiseer as beoordelaar en is in 1965 aangestel as inspekteur van die ras. Hy was ook deelydse skakelbeampte vir die vereniging en het op nasionale-, streeks- en plaaslike skoue sowel as tien keer in Zimbabwe en agt keer in Namibië letterlike duisende skape beoordeel.

As internasionaal bekende kenner het Rayner sestien keer na Australië gereis om te help om kuddes daar te vestig. Alhoewel aftree nog nie eers ‘n vae gedagte van Rayner is nie, sien hy darem nou nie meer kans om so ver van die huis vir tussen 3 en 5 weke op ‘n slag te gaan inspeksies doen, kursusse aanbied, skoue beoordeel en diere klasseer nie.

“Die verskriklike lang afstande tussen plase en dorpe is baie vermoeiend en om na ‘n lang dag in die veekraal nog ‘n paar honderd kilometer te moet ry en by mense aan te kom wat jou gesellig wil onthaal, is nogal uitputtend. Dààr werk mens sommer heel Sondag ook, moet jy weet,” het hy vertel.

Maar vir stilsit is daar nog nie tyd in Rodney Rayner se lewe nie. Hy gaan steeds in die Oos Kaap besig wees om op alle fasette van dorperteling betrokkke te wees. Na 33 jaar as lid van die Oostelike Provinsie Dorperverenigiing waarvan hy vir 25 jaar president was, en nog 17 jaar as raadslid gedien het gaan dit moeilik wees om hierdie man uit die skaapkraal te hou.

“Rayner se ongeëwenaarde passie vir Dorpers, sy sin vir humor en kennis van diere sowel as mense skep altyd ‘n vrolike atmosfeer by skoue. Hy weet natuurlik ook presies wat om te sê om die borge gelukkig te maak,” het ‘n onbekende skrywer Rayner ‘n paar jaar gelede in ‘n koerantberig beskryf.

Rayner was ook vir 58 jaar lid van Cradock se Landbouskouvereniging waarvan hy 30 jaar die president was, ook in die duister tye toe die totale skouperseel in die vloed van 1974 verwoes is.

koerant-3-november-2016 rodney-rayner

Foto: Rodney Rayner

****************************

 Click Here To Read More

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now