Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
Boere moet vee Inent teen

Slenkdalkoors
Deur Lourens Schoeman
Hoewel die Oos-Kaapse Rooivleis Produsente-organisasie (OKRPO) glo dat die huidige entstowwe teen slenkdalkoors nie doeltreffend is nie, is produsente aangeraai om hulle vee in te ent om ‘n vars uitbraak van die dodelike siekte te voorkom.
Verlede jaar het die epidemie nie net onder skape en beeste gemaai nie, maar ook wild en selfs hase het erg deurgeloop. Die siekte het miljoene rande se skade tot gevolg gehad, veral in die Graaff-Reinet gebied waar ‘n groep van 25 boere meer as R40-miljoen se skade gely het en aborsies tussen 10% en 90% gewissel het.
Boere het tydens verlede jaar se uitbraak streng kritiek gelewer op die gehalte van die entstof en ook beweer dat daar ‘n breuk in die koueketting was tydens die vervoer van die entstof vanaf die vervaardiger, Onderstepoort Biologieseprodukte.
Die uitbraak van slenkdalkoors het gepaardgegaan met die uitbreek van baie ander siektes, soos bloutong en interne parasiete, maar hoewel daar van hierdie siektes ook diagnoseer is, was slenkdalkoors die kernsiekte.
“Die ondersoek wat deur Professor Leon Prozesky gedoen is oor die beweerde probleme met die entstof word nou eenkant toe gestoot, aangesien hy ‘n patoloog is en dus nie relevante kennis oor die epidemologie van die siekte het nie. ‘n Internasionale kenner oor slenk-dalkoors, Prof Bob Swanepoel, is nou gevra om die aangeleentheid te ondersoek.
“Ons is intussen deur Veeartsenydienste versoek om rooivleisprodusente aan te raai om hulle vee, dragtige diere uitgesonder, met lewendige entstof in te ent teen die siekte. Kloon 13 entstof is tans nie beskikbaar nie, maar sal glo binnekort op die rakke wees,” aldus dr Pieter Prinsloo, voorsitter van die Oos-Kaapse RPO.
“Die probleem is dat ons boere tans geen vertroue het in die entstof nie en al wat ons kan doen is om die boodskap oor te dra en hulle dan self ingeligte besluite hieroor kan neem,” het hy bygevoeg.
Prinsloo het gesê die organisasie gaan die Nasionale Portefeuljekomitee vir Landbou nader om vergoeding vir die groot verliese wat boere verlede jaar ervaar het, te bespreek. “Hoewel daar min kans op vergoeding is wil ons weet hoe die aangeleentheid benader gaan word en wat gedoen gaan word aangaande die ondoeltreffende entstowwe.
Volgens die bestuurder, Veeartsenydienste in die westelike deel van die Oos-Kaap, dr Jane Pistorius, is tans nog geen nuwe uitbrake van slenkdalkoors aangemeld nie, maar dat dit nog vroeg in die seisoen is.
“Ek is egter van mening dat die epidemie ‘n baie immune populasie diere agtergelaat het as gevolg van inenting, of infeksie en dat dit ‘n paar jaar sal neem voordat diere weer vatbaar vir die epidemie sal word wanneer boere oorgerus begin raak, of nie inent nie as gevolg van die feit dat hulle dink die entstof is ondoeltreffend.
“Om dit te voorkom moet boere voortgaan om hulle vee in te ent en nie dink dit sal nie weer gebeur nie,” het Pistorius gesê.

Cradock Welsyn baat by
Hansa Groot Visrivier Kanomarathon
Cradock Skou lok hierdie jaar wye belangstelling uit en behoort ‘n groot verrassing vir ‘n ieder en elk te wees. Die groot verskeidenheid stalletjies is reeds bykans ‘n maand gelede al vol bespreek.
‘n Nuutjie vanjaar is die SA Kaapse Boerperd Kampioenskap asook die Kaapland SA Vleismerino Kampioenskap wat beslis ‘n hoogtepunt sal wees. Al die ander afdelings, nl. Merino, Angora, Boerbok, Slaglam en Dorper behoort baie goed ondersteun te word. Mev. Ezelle Marais sal op ‘n later stadium ‘n volledige berig oor die Perde-afdeling in die koerant plaas.
Die Jeugskou gaan vanjaar uit sy nate bars en sal seker dubbeld so groot soos verlede jaar wees. Dit sal agter die lang skuur langs die rivier aangebied word.
Die grootte van die terrein blyk ‘n taai probleem te wees. ‘n Nuwe hek is by die kroeg ingesit om die stalletjiehouers in die lang skuur, toegang na die kroeg en perde-vertoners te akkommodeer. Daar word ‘n beroep op besoekers gedoen om die parkeerterrein naby die Frans Loots-brug te gebruik. Senior burgers wat moeilik beweeg, kan die Skoukantoor (048 – 881 2488) of Hendrik Opperman (0823255748) bel om julle vanaf die hoofhek in te help na die terrein.
Die skemerkelkie is Donderdagaand en die Skoudans Vrydagaand. Chris Britz sal die musiek tydens die twee geleenthede verskaf.
Die Cradock Landbougenootskap bedank al die borge, vertoners, werkers, stalletjiehouers en die publiek vir hulle ondersteuning in die verlede. Die borge is uiters positief oor vanjaar se skou. Daar word op die algemene publiek se ondersteuning staatgemaak.

Hank McGregor eyes Hansa Fish to erase

World Champs Disappointment

CRADOCK
Die afgelope naweek se Hansa Groot Visrivier Kanomarathon het goed afgeloop en sake-ondernemings is dit eens dat die dorp weereens ‘n groot finansiële inspuiting gekry het. Die organiseringskomitee en al die medewerkers moet bedank word vir hierdie onbaatsugtige werk wat hulle vir die gemeenskap doen.
Die kanomarathon word jaarliks beskryf as Cradock se grootste finansiële inspuiting en etlike miljoene rand word jaarliks oor die marathon naweek op die dorp spandeer. Die 1350 roeiers wat vanjaar deelgeneem het, bring nog ‘n geskatte 3000 besoekers wat toeskouers, gesinslede, sekondante en verteenwoordigers van die media insluit.
Volgens Dave Ker voorsitter van die plaaslike Sakeforum, spandeer hierdie besoekers nie net geld op huisvesting nie, maar word alle sake-ondernemings op die dorp, en veral die supermarkte, vulstasies, slaghuise en eetplekke ruim ondersteun.
“Die marathon is ook vir die meeste van Cradock se welsynsorganisasies hul grootste jaarlikse bron van inkomste,” het hy gesê. “Organisasies soos ACVV, die Skuiling en verskillende kerke baat almal uit die naweek se verrigtinge. Dit is ook van die grootste fondsinsamelingsprojekte van Tafelronde wat op hul beurt weer hul winste in die gemeenskap terug-ploeg.”
‘n Spesiale fondsinsamelingsprojek ten bate van welsyn op Cradock is verlede naweek gedryf deur die voormalige Springbok rugbykaptein, Cornè Krige bygestaan deur Brigitte Hartley, ‘n Olimpiese bronsmedalje wenner. Hulle het spesiale plakkers ten bate van plaaslike welsyn verkoop. Krige het in ‘n K-3 saam met twee plaaslike roeiers Billy van Zyl en Pieter Marais (voorsitter van die plaaslike kanomarathon wat die wedvaart reël en aanbied) aan die marathon deelgeneem terwyl Hartley, ook in ‘n K-3, saam met Nick en Paul Burden geroei het. Volledige beriggewing oor die Kanomarathon en nog foto’s van die wenners verskyn op die agterblad.
Cornè Krige (middel voor) teken van die plakkers ten bate van welsyn. Agter staan Billy van Zyl (links) Pieter Marais, voorsitter van die marathonbestuur, terwyl Krige se dogtertjie, Sophia, toekyk.
Brigitte Hartley, Olimpiese bronsmedalje wenner, onderteken ‘n plakker terwyl Gussie Botha van Die Skuiling toekyk.
Len Jenkins emerges from Marlow chute just ahead of Grant van der Walt en route to his sixth win in the 2012 Hansa Fish River Canoe Marathon. Jetline Action Photo/Gameplan Media

Boere soek hulp na verwoestende
Veldbrande
Verwoestende veldbrande het van 4 Oktober tot 7 Oktober 2012 tussen Kathu en Kuruman gewoed. Meer as 50 000 ha veld het afgebrand en heelwat vee het ook gebrand, of moes van kant gemaak word.Daar is ‘n dringende behoefte aan die volgende:* Noodweiding* Veevoer

*Vervoer van voer en lewende hawe na noodweiding

* Brandstof asook finansiële hulp aan die geaffekteerde boere

Skakel die Agri Kuruman kantoor by 053-712 3544 indien enige iemand kan help



Read inside this edition / Lees binne hierdie uitgawe
  • Jenkins pips McGregor to remain unbeaten in Hansa Fish
  • Valke onttrek van Renosterbeskermingsforum
  • Geliefde inwoner van Cradock sterf skielik
  • Championship Boerewors Winner Announced
  • Swakker Rand gee Wolpryse ‘n Hupstoot

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
Please contact us for more information.