Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

 

Bridgitte Hartley

KANOMARATHON AAN DIE KOM

WILNA DE KLERK

CRADOCK
Met nog twee weke oor voor die aanvang van die 33ste Hansa Groot Visrivier kanomarathon, het 1087 roeiers reeds ingeskryf vir die wedvaart wat op 10 en 11 Oktober oor 81,8km vanaf Grasrugdam tot by Cradock plaasvind.
Volgens die organiseerders is daar vanjaar groot belangstelling in die afdeling vir K-3 bote aangesien die Suid Afrikaanse K-3 kampioenskappe vanjaar op die Vis beslis gaan word. ‘n Totaal van 92 van hierdie ekstra lang bote het reeds hul deelname bevestig en laat inskrywings word nog steeds ontvang. Die vorige rekord vir die meeste K-3 bote in ‘n enkele marathon was 78 in 2012, ook op die Visrivier.
In die K-1 en K-2 afdelings is tot dusver onderskeidelik 309 en 251 inskrywings ontvang. In die K-1 adeling word daar vanjaar besondere kompetisie verwag met verskeie aanspraakmakers wat graag die titel sal wil inpalm.
Hank McGregor, meermalige wêreld-kampioen wat pas kanovaart geskiede-nis gemaak het deur beide die K-1 en K-2 titel saam met Jasper Mocke, by die wêreld-kampioenskappe in Oklahoma in die palm het reeds sy visier ingestel om vanjaar ook die K-1 kampioen van die Vis te word. McGregor, wat al vyf K-2 titels op Vis gewen het, is uitgehonger om sy naam op die Visrivier K-1 trofee graveer te kry. Na hy twee jaar gelede naelskraap teen len Jenkins verloor het, is McGregor vasberade om vanjaar te wen.
Om hierdie doel te bereik, sal hy egter moet rekening hou met roeiers soos Grant van der Walt, voormalige junior en o.23-wêreld-kampioen, Greg Louw, die nuwe Breederivier kampioen, wat graag die titel voor sy tuisskare wil verower, en vele meer. Die Dusi kampioen, Sbonlo Khwela (in sommige kringe bekend as Sbonelo “Eric” Zondi) se planne vir vanjaar sluit ook ‘n plek op die podium by die Hansa Groot Visrivier kanomarathon in.

 


 

‘N LEKKER

BOERE RALLY

WILNA DE KLERK

CRADOCK
Groot opgewondenheid heers vir die “Boere Rally” wat vanjaar saam met die plaaslike landbouskou gehou gaan word.
Volgens die organiseerders gaan dit ‘n geleentheid wees wat nog lank oor gesels gaan word. Dit vorm deel van die herdenking van Cradock se 200-jarige vierings en vind plaas op Woensdag, 29 Oktober.
Die roete wat die “Rally” deur die distrik gaan volg is reeds vasgestel maar natuurlik bly dit ‘n groot geheim en sal deelnemers eers op die groot dag uitvind wat alles op hulle wag. Tyd, bestuursvernuf en ‘n kennis van die distrik se paaie is maar enkele van die dinge wat op die groot dag vir deelnemers gaan wag. Van die mense wat reeds hul teenwoordigheid bevestig het, is verteenwoordigers van die departement van landbou in Cradock en die streekskantoor in Oos Londen sowel as van die gebied se opkomende boere.
Sakemanne word vriendelik uitgenooi om deel te neem aan hierdie groot geleentheid deur ‘n stalletjie of ‘n toetspunt op die roete te borg. Elke span van twee lede gaan verplig word om by hierdie stalletjies of toetspunte te stop en ten minste vyf minute in die teenwoordigheid van die stalletjiehouers deur te bring. Dit gaan borge geleentheid gee om die deelnemers persoonlik te ontmoet.
Koste van ‘n stalletjie langs die roete is R1000 en die opsit van baniere by die eindstreep en ‘n lekker saamkuier vir die res van die aand, beloop R500.
Vir meer besonderhede kan met die volgende in verbinding getree word :

  • Abel Jordaan 0847453418
  • jordomers@gmail.com
  • Charles Garth 0724747181
  • cjgarth@telkomsa.net
  • Philie Schoombee 0827829620
  • phillie.schoombee@bkb.co.za

 


Lees binne:

  • Pieter Retief se boedelplaas, Elandsdrif, by Cookhouse (1820)
  • Politiek rede vir waterkrisis – AfriForum
  • Missie – Japan besoek Somerset-Oos
  • Karoo Hartland Kunstefees word geopen – Middelburg

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now