Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

Karoo Parlement

WILNA DE KLERK

CRADOCK : Cradock is op 5 en 6 November gasheer vir die tweede sitting van die Karoo Parlement. Saam met hierdie opwindende geleentheid waar klem op Karoo toerisme, welstand van die Karoo se mense en stimulasie van die gebied se ekonomie onder die loep gaan kom, gaan daar vir die eerste keer in die gebied se geskiedenis, ‘n ekspo van die Karoo se produkte, moontlikhede, toerisme en toekoms aangebied word.

Van die groot trekpleisters by vanjaar se sitting van die Karoo Parlement is, is ‘n groep van ongeveer 40 uitgelese sprekers, waaronder prof Tim Noakes van Universiteit van Kaapstad wat as gasspreker gaan optree. Noakes het plaaslik en internasionaal bekendheid verwerf en het baie volgelinge wat sy veelbesproke dieët volg. Hy gaan by hierdie geleentheid fokus op ‘n gesonde Karoo met goeie voeding wat noodsaaklik is vir plaaslike ont-wikkeling.

Volgens die organiseerders is bywoning van die Parlement ‘n absolute moet vir enige iemand met ‘n passie vir die Karoo. In die onder afdeling “Karoo toerisme” gaan die nuwe Olive Schreiner- roete en Karoo cuisine veral baie aandag geniet, terwyl die afdeling oor die Karoo en sy mense, sal fokus op kuns en opvoeding en die kwessie van fetale alkoholsindroom.

Wanneer stimulasie van die gebied se moontlikhede onder bespreking kom, gaan klem gelê word op onderwerpe soos herwinning en omskakeling van afvalprodukte in winsgewende ekonomiese geleenthede en hoe om die sentrale sakegebiede van dorpe te stimuleer.

Vanjaar se Ekspo gaan geleentheid bied vir ‘n groot verskeidenheid van die Karoo se inwoners om hul produkte uit te stal. Toerisme, alternatiewe energie, konstruksie, kos, boeke, kuns, vervaardigers van wyn, landbou- en suiwelprodukte asook munisipaliteite, die AHI en vele andere gaan almal geleentheid kry om ‘n stalletjie te beman. Belangstellendes wat nog stalletjies wil bekom, kan met Charles Featherstonehaugh (info@alberthouse.co.za) of by telefoon 0727828615 in verbinding tree.

Die eerste Karoo Parlement onder beskerming van die Karoo Ontwikkelings Stigting is verlede jaar in Philipstown gehou. Na die sukses van hierdie geleentheid is besluit dat die tweede Karoo Parlement op 5 en 6 November by die Vuzubuntu Kultuurdorpie net buite Cradock gaan plaasvind. Die Karoo Parlement beywer hom om die feit dat die Karoo te min publisiteit ontvang, die nek in te slaan. Terwyl die Karoo uit 35% van die Republiek se landmassa bestaan en daar 66 dorpe in die gebied is, kry die gebied op sigself bitter min publisiteit. Daar word gesê dat die Oostelike Provinsie streek meestal op ontwikkeling in die kusgebiede gekonsentreer terwyl in die Vrystaat op Bloemfontein- en in die Noordkaap slegs op Kathu en Sishen gefokus word.

Verdere besonderhede is beskikbaar op die webwerf

www.karoofoundation.co.za


DSCN1081 (Custom)

Hoogste prys vir

2014/2015 seisoen

 

Die hoogste vetwolprys van R126.00/kg vir die 2014/2015 wolseisoen is behaal deur beide mnr. Creighton Pringle van Thorndale, Adelaide en mnr. Stuart Dewing van Highlands, Cathcart.

Die rekordprys BFFH lyn van mnr. Pringle het ‘n veseldikte van 15.9 mikron en ‘n skoongewig van 74% en die CFFY van mnr. Dewing het ‘n veseldikte van 15 mikron en ‘n skoongewig van 73%. Beide hierdie toppryse is behaal op die BKB wolveiling met New England Wool as die koper.

 

DSCN1086 (Custom)


MEDIA VRYSTELLING

GEBRUIK VAN GIF ONAANVAARBAAR

Die Nasionale Predasie-bestuursforum (PMF) is op rekord dat die gebruik van gif om predasie van lewendehawe te voor-kom geensins onder-steun word nie! Die impak op die omgewing en dierelewe wat nie geteiken word nie is eenvoudig te groot, al is dit nie die beweegrede waarom gif gebruik word nie. Die onlangse gebeure waar die gebruik van gif tot vrektes van aasvoëls in die Oos Kaap gelei het, asook die vrektes van jakkalse en ander wild-spesies in die Addo Olifantpark is voorbeelde van die ongewensde impak wat die gebruik van gif mag hê!

Die PMF, verteenwoor-digend van die Rooivleis, Wol-, Bokhaar- en Wildprodusente, is bekommerd dat produ-sente steeds gif gebruik ondanks verskeie beroepe om dit nie te doen nie. Aan die anderkant is die gebruik van gif ook ‘n bewys van die des-peraatheid van lewende-hawe produsente om hul vee te beskerm teen predatore en rondloper-honde.

Die Regering van SA moet kennis neem van hierdie desperaatheid en word versoek om met produsente-organisasies en PMF saam te werk om die problem op nasionale vlak aan te spreek. Plaaslike Regering is ook instrumenteel om te help om die probleem van rondloperhonde en onwettige jag van wild met honde aan te spreek.


 

Lees binne:

  • Gill-Kollege graad-11’s gaan stap in Knysna Woud
  • Cradock – J.A. Ncaca goes international

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now