Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

Koerant-Header

 

 gholf-donasie

GWK Skenk aan ouetehuis

CRADOCK

Die plaaslike tak van GWK het die opbrengs van ‘n gholfdag wat hulle gehou het, vir die Elizabeth Jordaan tehuis vir bejaardes op die dorp geskenk. Volgens Gavin Dry, die bemarkiingsbestuurder, het 49 spelers aan die geborgde dag deelgeneem en is hulle van plan om dit ‘n jaarlikse instelling te maak.

Terwyl GWK die hoofborg van die dag was, het hulle ook ondrsteuning van Cradock Saad, Rikus Landboudienste, Omnia Kunsmis, Pinar Saad, en Virbac Beyer gekry.

Photo: Gavin Dry (GWK bemarkingsbestuurder) Eben Vermeulen (GKW) Benita Moolman (voorsitter Elizabeth Jordaan tehuis-bestuur), Levina Nel (bestuurder Elizabeth Jordaan tehuis) en James Louw (GWK)

******************************

rentia-01

Rentia presteer op sportgebied

Rentia Oosthuizen, wat eers die Karoo se swemsensasie was en toe ‘n atleet van formaat geword het, kan nou aanspraak maak op ‘n wêreldtitel nadat sy die naweek die eerste Downsindroom atleet geword het om ‘n 10 km padwedloop te voltooi.

Rentia, haar ma, Renè en amper 500 ander atlete het die naweek deelgeneem aan die Graaff-Reinet windpompwedren op die Murrayburg-pad wat deel van die Karoolusfees op Graaff-Reinet was.

Benewens die trofee en goue medalje wat sy van die Graaff-Reinet Landloopklub ontang het, het ‘n plaaslike makelaarsfirma vir haar ‘n spesiale baadjie met die woorde “Octofin supports champions” vir haar prestasies in Italië oorhandig en toe sommer die 10 km prestasie ook bygevoeg. Die byeenkoms se hoofborg was Montego hondekos.

Rentia het, as een van die land se voorste Downsindroom atlete verskeie medaljes, insluitende goud en silwer by ‘n internasionale kompetisie vroeër vanjaar in Italië verower. Wat haar prestasies so besonder maak is dat sy in 2014 vir Suid-Afrika in Meksiko as swemmer verteenwoordig het en daar ‘n bronsmedalje verower het.

Rentia is van Maandag tot Dinsdag in Kaapstad waar sy aan die Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkoms vir mense met Downs sindroom deelneem. Sy ding mee in 100m, 200m, en 400m wedlope asook gewigstopt en verspring.

Op die foto is Rentia saam met haar ma, Renè wat saam gehardloop het

 Click Here To Read More

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now