Inspirational Quote
A real decision is measured by the fact that you've taken a new action. If there's no action, you haven't truly decided.
Tony Robbins
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
SOMERSET-OOS

SAKE-ONTBYT – Oud Springbok en provinsiale rugbyspeler, De Wet Barry, het op uitnodiging van Gill-Kollege tydens ‘n sake-ontbyt besigheidslui en vriende van die skool toegespreek. Die ontbyt was uitstekend bygewoon waartydens De Wet Barry die gehoor vermaak het met staaltjies uit sy speeldae asook ‘n bietjie insig gegee het oor wat in die binnekringe van provinsiale rugby gebeur. Barry is positief dat rugby in die Oostelike Provinse besig is om sy kop te lig en in die nabye toekoms weer sy regmatige plek in Suid Afrikaanse rugby sal inneem. Dit geld van skole- tot op seniorvlak. Almal was dit eens dat die ontbyt ‘n reuse sukses was en Gill-Kollege word gelukgewens met die inisiatief wat geneem is daarmee.
Op bostaande foto verskyn van links mnre Stephen van Rooyen (Landdros), Eddie Simms (organiseerder), De Wet Barry, Steven Zietsman (Skoolhoof Gill-Kollege), Deon Bekker (Skoolhoof Laerskool Gill) en Bertus Troskie (Voorsitter van die Beheerliggaam).
De Wet Barry
New Regional Airport
for Eastern Cape
SOMERSET EAST
The rural development and land reform department plans to hand over management of a new airport to the council of a small town in the Eastern Cape next year, it said on Sunday.
“Somerset East… is poised to make history, when a R413m [regional] airport which is being constructed by the department… is handed over to the town’s city council next year,” said spokesperson Mtobeli Mxotwa.
Minister Gugile Nkwinti made the announcement at a memorial ceremony held at the Zuurberg heritage site on Friday.
“The airport will be a regional operation to boost tourism and commercial activity in the area. Construction is underway and we expect it to conclude sometime in 2014,” said Mxotwa.
The project was expec-ted to create viable job opportunities over the next eight years.
Nkwinti also announced that new roads would be upgraded and paved by the department’s youth co-operatives division.
“Other projects in and around the Somerset East area are expected to take at least eight years to come into operation, so there will be a lot more opportunities commercially in the region coming up.”
Mxotwa said plans to develop the Addo Elephant Park and the Shamwari Game Reserve were also underway.
Once it was completed, the airport would be the fifth operational airport in the province, he said.

AfriForum nader Hof om name van
oortreders in al 278 Munisipaliteite by
Minister te kry
DIE BURGERREGTE-organisasie AfriForum se regspan het ‘n hofaansoek ingedien om die name van die werknemers in al 278 munisipaliteite dwarsoor Suid-Afrika te kry wat oor wangedrag afgedank is of wat bedank het voordat dissiplinêre stappe afgehandel is. Die aansoek sal vandeesweek op die minister van samewerkende regering en tradisionele sake beteken word.
”Ons moet die verskuiwings van oortreders van een munisipaliteit na ‘n ander monitor, omdat die wet bepaal dat ‘n persoon wat weens misdaad of korrupsie of ingevolge artikel 171 van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur vir finansiële wangedrag afgedank is, vir ‘n tydperk van 10 jaar nie by enige munisipaliteit mag werk nie. Indien ons bevind dat hierdie mense herontplooi is by munisipaliteite waar ons takke het, sal ons beslis toesien dat hulle uit hulle poste onthef word. Ons kan nie toelaat dat oortreders by een munisipaliteit afge-dank word en later by ‘n ander weer te voorskyn kom nie,” sê Ivan Herselman, bestuurder van gemeenskaps-portefeuljes by Afri-Forum.
Die Ouditeur-Generaal het in sy samevattende verslag vir 2011/2012 oor uitkomste van die oudit op plaaslike regerings aangedui dat 73% van munisipaliteite en munisipale entiteite ‘n algemene gebrek aan gevolge vir swak prestasie en oortredings gewys het.
”Daar moet verseker word dat oortreders nie herontplooi word nie en dat hierdie persone vir die volle omvang van hulle optrede verantwoording doen. Reëls sonder gevolge is eintlik net goeie advies,” het Herselman bygevoeg.
Suid-Afrikaners wat by hulle plaaslike AfriForum-tak wil aansluit en teen ongerymdhede in hulle plaaslikeregeringstrukture wil opstaan, kan die naam van hulle dorp na 31336 SMS. 50c/SMS.

Skokkende voorval in
Middelburg
Die gemeenskap van Middelburg is onkant gevang toe hulle van die dood van die 72-jarige mev. Louisa Francis gehoor het. Sondag-oggend om ongeveer 09:15 het personeel van die Good Shepherd Hospies by die huis in Du Plessisstraat gekom om die inwoners se medikasie te gee.
Nadat hulle op die dogter (gestremd) se beduie gereageer het, het hulle op mev. Francis afgekom waar sy op die kombuisvloer gelê het. Sy het ‘n sny aan haar regterarm en verskeie krapmerke gehad.
Daar is nog onsekerheid oor die oorsaak van die dood, maar na ‘n post mortem Dinsdag sou daar duidelikheid wees.
‘n Voorlopige moorddossier is geopen.
Die man en dogter is as tussentydse maatreëls in die Wilhelm Stahl Hospitaal opgeneem.

LEES BINNE/READ INSIDE

  • Classic Cattle Auction a corker
  • Only strong political and administrative leadership can save Eastern Cape Healthcare
  • October is National Cancer Month
  • Konstitusionele hof gee rigting oor die reg op ‘n gesinslewe in terme van die verblyfregwet
  • Uniquely Eastern Cape feel to Hansa Fish entertainment
  • Slenkdalkoors onder die loep geneem



The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF)
Please contact us for more information.
Click here to email us now