Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization
Skou-7SOMERSET-OOS

Die plaaslike skou verbeter jaar op jaar en is voorwaar ‘n skou om op trots te wees. Charl Wilke, President van die Landbougenootskap, S?meri Botha in beheer van die perde en die hele komitee en helpers verdien spesiale vermelding vir hulle harde werk en deursettingsvermo? om die skou van krag tot krag te laat gaan. ‘n Bewys dat wil en passie resultate lewer. Die skou was goed ondersteun deur die publiek, perderuiters en afrigters wat van heinde en verre gekom het. Die skoudans en steakete was uit die boonste rakke en voorwaar ‘n jaarlikse instelling waarna almal uitsien. Die perdekampioenskappe Saterdagmiddag was ‘n belewenis om te aanskou. Dit was ‘n groot voorreg om die kwaliteit perde en ruiterkuns van sulke gehalte te aanskou.

Daar het ‘n feestelike atmosfeer by die skouterrein geheers met die perdevertoners wat rondom die arena hulle karavane opgeslaan het, asook die stalletjies en uitstallers. Soos gewoonlik was die stoep/deck wat uitkyk op die arena vol toeskouers en het die ‘verversingstalletjie’ aldaar goed gedoen. Die landbouskou kom al oor baie jare en is ‘n toonbeeld van harde werk, geduld en saamwerk. Ons hoop dat die skounaweek nog lank vir ons dorp en sy mense behoue sal bly.


SOMERSET-OOS

Die SA Saalperd Grootkampioen 5-gang kompetisie het vanjaar vir groot opwinding gesorg. Die waarderende toeskouers is deur 12 topgehalte perde en hul ruiters met ‘n skouspel van ruiterkuns en perdetalent vermaak. Kippie Louw (Humansdorp) op sy spogperd Elidor het die kampioenskap gewen. (Sien nog skoufoto’s op bladsy 6.)

The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now