Inspirational Quote
I never think of the future - it comes soon enough.
Albert Einstein
Powered By: Inspirational Quotes
October 2017
M T W T F S S
« Dec    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Hit Counter provided by search engine optimization

 

brand

Onverantwoordelike trek van

vuurhoutjie veroorsaak chaos

SOMERSET-OOS
Ondanks verskeie weer wake/waarskuwings, oor etlike dae, deur die nasionale weerburo oor toestande gunstig vir wegholveldbrande en die gevaar daarvan oor TV en radio weeruitsendings, het die vermoedelike onverantwoordelike optrede en trek van ‘n vuurhoutjie om voorbrand op ‘n plaas te maak, veroorsaak dat nagenoeg 4000 hektaar van waardevolle weiveld van boere en plaasbure in puin gelê is. Die feit dat dit baie droog is aangesien weinig reën die afgelope winterseisoen ontvang is, was soos vet op die vuur en het die brand vinnig buite beheer geraak. Die dorp en sy woonbuurtes, veral, Westview, was ook in gedrang toe Bosberg, Vrydagaand, aan die suidekant (dorp se kant) begin brand het. Teen Maandagaand was menige inwoner paniekbevange en geïntimideer deur meter hoë vlamme, oor die breedte van Bosberg, wat die lug in gelek en gedreig het om alles in hul pad te verswelg. Koel windstil weerstoestande het egter gesorg dat die vuur nie verder aangeblaas is nie en in die diep bebosde klowe bedaar het.
Die brand het, na wat verneem word, verlede Dinsdag, 9 September, sy oorsprong op ‘n plaas net noord van Bosberg gehad en alles in sy pad verswelg. Boere van Swaershoek, Somerset-Oos en hul werkers moes onverpoos bont- en saamstaan om die vuur te help hokslaan. Sterk winde het egter die vuur aangeblaas wat hul taak feitlik onmoontlik gemaak en bemoeilik het. Weinig slaap en rus is ingekry deur boere en hul werkers.
Daar heers groot ongelukkigheid oor die gebrek aan hulp toe daar pleidooie aan die nodige owerhede gemaak is om te kom help en die boere in hulle nood by te staan. Na verneem word was daar geen lewens- of veeverlies tydens die brand nie. In ‘n brief wat ons ontvang het word daar genoem:
“Mr Biggs and his farm workers were in a life threatening situation when the fire was raging meters from their homes. Thanks to the quick work of neighbouring farmers and their helpers eminent disaster to Mr Biggs and his family and workers were avoided.”
Met die ter perse gaan van hierdie berig is daar nog steeds smeulende rook in die berg gewaar. Ons kan maar net bid dat dit spoedig goed sal reën sodat die weiveld wat deur hierdie veldbrand verswelg is kan herstel. Sommige boere sit diep in die nood, deurdat hulle weiveld wat hulle vir die somerseisoen gespaar het, totaal en al vernietig is. Hopelik kan die owerhede brandhulp aan hulle verleen.

 


 

 

TOP SKOU AANGEBIED

SOMERSET-OOS
Wat ‘n wonderlike skou is die naweek nie hier aangebied nie. Die plaaslike Landbouge-nootskap het al die stoppe uitgetrek en maande se beplanning en harde werk agter die skerms is beloon met ‘n top skou. Die skou is baie goed ondersteun deur die publiek, perderuiters en afrigters van heinde en ver asook die groot Boerbokkampioenskap wat Vrydag hier aangebied was. Die skoudans was net so lekker en ‘n groot sukses. Charl Wilke en sy span bekwame mede-organiseerders verdien ‘n groot klop op die skouer. Die perdekampioen-skappe Saterdagmiddag, was ‘n belewenis om te aanskou. Dit was ‘n voorreg om die kwaliteit perde en ruiterkuns van gehalte te aanskou. Daar was altesaam 160 perde. Soos, Jakkie Erasmus, die kommentator ook gesê het: “Somerset-Oos is bevoorreg om hierdie perde op hul dorp in aksie te sien”.
Daar het ‘n feestelike atmosfeer by die skou geheers met perdevertoners wat rondom die arena hul karavane opgeslaan het, uitstallings en kosstalletjies. Die oog met sy stoep/ ‘deck’ wat uitkyk oor die arena was ook vol toeskouers en het goed sake gedoen. Pink Trees vir Pauline het ook hulle bydrae tot die skou gelewer met hul fondsinsamelings asook ‘n pretdraf en pretloop wat deur hulle as deel van die skounaweek aangebied is.
Die Somerset-Oos landbouskou kom al deur etlike dekades en is deur baie jare met harde werk, geduld en sweet behoue laat bly vir ons dorp en sy mense. Baie dankie aan almal se bydraes deur die jare, julle weet wie julle is, en dit is as gevolg van hierdie vasbyt, deurdruk en nie moed opgee nie, dat die Landbouskou kan voortleef en onder die huidige bestuur weer sy regmatige plek op die skoukalender kan inneem. Die skou raak elke jaar net beter, ons sien uit na volgende jaar! Geluk, Charl en jou span!

photo 1


Lees binne:

  • Agri EC members suffer fire losses
  • A Memo from the Blue Crane Route Ministers’ Fraternal

 


The Somerset Budget is now available in full colour. (PDF) Please contact us for more information.
Click here to email us now